HISKIA

 

HISKIA was die seun en opvolger van Agas*. Alhoewel daar nie heeltemal ooreenstemming is oor die presiese datum van Hiskia se heerskappy nie, is die meeste aanduidings dat dit tussen die jare 727–698 vC was. Hiskia se ma was Abi, die dogter van Sagaria. Hiskia se werk kan in twee kategorieë ingedeel word, naamlik sy godsdiens­tige hervorming en sy pogings om Israel*4 polities onafhanklik te maak.

Die Kronis se uitbeelding van Hiskia se her­vorming (2 Kron 29:1–31:21) verskil in­hou­delik van die Deuteronomistiese ge­skiedwerk* van Hiskia se optrede (2 Kon 18:4, 16, 22). Beide die Kronis en die Deute­ro­nomis (outeurs van Deuteronomium* en Kronieke*) stel Hiskia voor as ’n koning “wat reg gedoen het in die oë van die Here”. Sy godsdienstige hervorming het die verwy­dering van die “hoë plekke” waar die afgo­de* aanbid is, die vernietiging van die Asjera*, en die herinrigting van die tempel* in Jeru­salem* ingesluit. 2 Kon 18:16 verskaf slegs beperkte inligting in verband met al hierdie gebeure, terwyl Kronieke die godsdienstige hervorming in besonderhede beskryf.

 

Sidebar