HOEKSTEEN

HOEKSTEEN vertaal verskillende He­breeu­se* en Griekse* woorde. Petrus* haal voor die Sanhedrin* Ps 118:22 aan met verwysing na Christus*: “die klip (lithos) wat … afgekeur is … het die belangrikste klip (ke­phalé gonias) geword.” Laasgenoemde is óf die hoeksteen óf die sluitsteen in die middel van ’n klipboog bokant ’n ingang. Je­sus* self verwys na Petrus as die rots (petros) waarop Hy sy kerk* sal bou. Die Griekse woord themelios word dikwels in die Nuwe Testament* gebruik vir fondament (-steen), en dikwels as metafoor* vir die vaste grondslag waarop die Christelike geloof* en le­wens­wandel gebou moet wees. Wanneer Jesus* verwys na die huis wat staande bly omdat dit op rots gebou is (diegene wat Jesus se woord hoor en doen), word themelios gebruik. Paulus* gebruik themelios om te verwys na die grondslag van die gemeente*. Dié fondament is Jesus Christus* (1 Kor 3:11). In sy latere brief aan die Efesiërs* (Ef 2:20) is die apostels* en profete* die fondament van die gemeente*. In (die waar­skynlik nóg later) 2 Tim 2:19 is die ge­meente self die fondament. Hoeksteen (of sluitsteen of fondamentsteen) word dus al­mal metafories op verskillende maniere in die Bybel* gebruik, telkens om “vaste grond­slag” aan te dui.

Vir verdere lees: H Betz en G Schreiner (red) 1991. Exegetical Dictionary of the New Testament, Vol 2. Grand Rapids: Eerdmans.

 

Sidebar