HOLBEIN, HANS

HOLBEIN, HANS (jr) (1497–1543) was ’n skilder van Augsburg wat by sy pa leer skilder het. Hy is later na Basel toe waar hy Erasmus* ontmoet het. Erasmus het hom gevra om sy satires te illustreer. Hy het ook die illustrasies van Luther* se Duitse Bybel gedoen. Die Reformasie* het dinge vir hom in Basel baie moeilik gemaak. Hy is in 1526 na Londen toe met ’n aanbevelingsbrief van Erasmus. Heelwat van die skilderye aan die hof van Henry VIII* is deur Holbein gedoen. Hy het ook die nuwe staatskleed en toebehore van die koning ontwerp. Terwyl hy met ’n skildery van die koning besig was, is hy aan die pes oorlede. Afdrukke van ’n aantal van sy skilderye is in hierdie publikasie opgeneem.

Sidebar