HONGERSNOOD

 

HONGERSNOOD. In die Ou Testament* lees ons tragiese beskrywings van die ly­ding wat mense ervaar wanneer daar ge­brek aan kos is (sien veral die boek Joël* en Klaagl 2 en 4). Hierdie kosskaarstes is veroorsaak deur gebeurtenisse soos droogte, sprinkaanplae, brande en veral oorlog. Een manier hoe die Ou Testament probeer sin maak van hongersnood, is om dit te sien as een van die groot rampe wat in mense se lewens inbreek en wat op die een of ander manier oorkom moet word. Elders beeld die Ou Testament hongersnood egter uit as die gevolg van mense se misstappe. Sien bv Amos 4:6-12 waar God allerlei rampe soos hongersnood stuur om mense hulle sondes* te laat bely. Ook die Nuwe Testament* weet van hongersnood.

Selfs vandag, met al die moderne hulpmiddels, is hongersnood nie ’n onbekende verskynsel in bv dele van Afrika* nie – en is voedselsekerheid selfs in die geïndustrialiseerde wêreld iets wat van tyd tot tyd bedreig word, hetsy deur natuurrampe, hetsy deur swak regering.

 

Sidebar