HUISGODSDIENS

HUISGODSDIENS is die beoefening van godsdiens* in die intieme kring van die huisgesin (Kyk by: Gesin). Calvyn* het, anders as Luther* en die Katolieke*, nie die bediening van die sakramente* tuis voorgestaan nie. Daarteenoor het gereformeerdes* groot klem gelê op die beoefening van godsdiens in die huis, wat gewoonlik bestaan het uit Bybellees, sang en gebed, sonder sakramentsbediening.

Hoewel huisgodsdiens deesdae in Afrikaanse huise grootliks in onbruik ge­raak het, was dit tradisioneel deel van die Afrikaner*-kultuur. Waarskynlik as gevolg van die Groot Trek* en die landelike bestaan van Afrikaners, was huisgods­diens die enigste vorm van gestruktureerde godsdiensbeoefening wat beskikbaar was en daarom was dit met nougesetheid onderhou.

Sidebar