HUNTER, WILLIAM

HUNTER, WILLIAM (1536–1555) het in Londen as ’n wewer met sy-gare gewerk. Hy het egter vanweë onderlinge verskille sy werk verloor en weer by sy ouers in Brentwood gaan bly. By die plaaslike kapel het Hunter eendag in ’n woordewisseling betrokke geraak terwyl die Bybel* gelees is. Hy het geweier om die Katolieke* dogma* van die transsubstansiasie* te aanvaar waarvolgens die brood en wyn tydens die eucharistie* letterlik in die liggaam en bloed van Christus* verander. Hy is voor die plaaslike regter gedaag, maar het ge­weier om van standpunt te verander. Hy is toe na Londen geneem om voor die bis­kop* te verskyn. Ten spyte van dreigemente en pogings tot omkopery (biskop Anthony Browne het belowe dat, sou hy bes gee, hy die vryheid van Londen sal ontvang), het Hunter in sy siening volhard. Die biskop het daarna bepaal dat die 19-jarige jongman op die brandstapel moet sterf.

 

Sidebar