IKABOD

IKABOD was die kleinseun van Eli* en seun van Pinehas* wat gebore is toe sy ma gehoor het dat haar man en skoonpa in die geveg met die Filistyne* gedood is (1 Sam 4:19-22). Sy naam beteken “Waar is die eer?” en verwys na die wegneem van die ark*2 uit Israel*. Spreekwoordelik is iets “ikabod” as dit gedaan is, of niks meer daarvan verwag kan word nie.

Sidebar