ILLUMINATI

ILLUMINATI. Van al die geheime orga­nisasies in die wêreld is die Illuminati waar­skynlik die een waaroor daar die meeste ge­praat en gegis word. Daar bestaan uiteenlopende sienings oor die Illuminati en sy invloed. Die term “Illuminati” strek so ver terug as die 14de eeu. In Latyn beteken dit letterlik “die verligtes”. Die Illuminati het oor die eeue in verskeie lande kop uitge­steek. Die bekendste is waarskynlik die Beierse Illumunati wat in 1776 onder lei­ding van Adam Weishaupt tot stand gekom het. Weishaupt is op 6 Feb 1748 in Ingol­stadt (Beiere) gebore en het sy opvoeding aan ’n Jesuïtiese* skool ontvang. Hy was ’n vrydenkende akademikus en het dikwels skerp gebots met getroue kerkgangers en regeringslui. Dit het hom aangespoor om ’n geheime organisasie te begin wat sy verlig­te denke steun. Vandag is die woord Illumi­nati vir meeste mense sinoniem met die skepping van ’n nuwe wêreldorde deur ’n klein groepie superrykes.

Van politieke wêreldleiers tot die Kato­lieke Kerk* is al oor die jare met die Illu­minati verbind. Sommige mense glo die Illumi­nati is agter die skerms met ’n geheime agenda besig om ekonomiese en politieke beheer oor die wêreld uit te oefen en sodoende ’n nuwe wêreldorde daar te stel.

 

Sidebar