INTELLIGENSIE, KUNSMATIGE

INTELLIGENSIE, KUNSMATIGE. “Artificial intelligence”(AI) is die term wat internasionaal gebruik word om kunsmatige intelligensie – dié van rekenaars, slimfone, selfone, die internet ens – aan te dui. Dié “intelligensie” het die laaste dekades in omvang, beskikbaarheid en vermoë fenomenaal gegroei. Daar word gesê dat ’n kind in Afrika met ’n slimfoon meer intelligente toegang tot kennis het as ’n Amerikaanse president twee dekades gelede. Die probleem wat kan ontstaan is wanneer AI menslike intelligensie sou verbysteek. Die fisikus Stephen Hawkins waarsku dat, as AI die mens verbygesteek het, dit sy eie loop sal kan neem, homself sal kan herontwerp, en dit “could spell the end of the human race.” Volgens Ray Kurzwell, skrywer van onder meer How to Create a Mind, sal AI teen 2029 menslike intelligensievlak bereik, en dat daar nog tyd is om etiese standaarde te ontwerp. Daar is volgens hom universiteite wat werk aan die ontwikkeling van AI-veiligheidsstrategieë. So word beplan om elke AI-program duidelik te definieer en om veiligheidstelsels in te bou om ongemagtigde gebruik te voorkom. Kurzwell skryf: “Ultimately, the most important approach we can take to keep AI safe is to work on our human governance and social institutions. We are already a human machine civilization. The best way to avoid destructive conflict in the future is to continue the advance of our social ideals, which has already greatly reduced violence … We have the opportunity in the decades ahead to make major strides in addressing the grand challenges of humanity (with the help of AI). We have a moral imperative to realize this promise while controlling the peril”(Time, 29 Des 2014) .

 

Sidebar