IS-BOSET

IS-BOSET was die seun van Saul*. Hy is deur Abner*, Saul se leëraanvoeder, ná Saul se dood as koning aangestel oor die ge­biede waar Dawid* nog nie ondersteuning gehad het nie (2 Sam 2:8). Volgens 1 Kron 8:33 was sy naam eers Is-Baäl (= man van Baäl), maar is in 2 Sam 8:4 verander na Is-Boset (= man van skande). Is-Boset was 40 jaar toe hy koning geword het, maar het net twee jaar regeer voordat hy deur twee van sy offisiere, Rekab* en Baäna*, tydens sy middagslapie vermoor is (vgl ook 2 Sam 4).

 

 

Sidebar