ISAK

ISAK was die langverwagte seun van Abraham* en Sara* en die tweede aarts­vader* (Gen 17:19; 21:3). Die naam Isak bete­ken “hy wat lag”. God gee aan Abraham die opdrag om Isak op die berg Moria te gaan offer, maar God voorsien ’n ram in sy plek. Abraham stuur sy slaaf na Mesopotamië* om vir Isak ’n vrou te gaan soek, want hy wou hê Isak moes trou met ’n vrou buite Kanaän*. Isak trou met Rebekka*, wat ná ’n lang tydperk van onvrugbaarheid vir hulle tweelingseuns Esau* en Jakob* in die lewe bring. Hy word deur sy seun Jakob op sy oudag verkul. Die Isaktradisies in Genesis* is veral verbind met die gebied van Berse­ba*. God bevestig aan Isak die beloftes wat Hy aan Abraham gemaak het. Hy was ook ’n voorspoedige en ryk man.

Isak speel ’n minder belangrike rol in die Genesisverhale. Die grootste deel van sy geskiedenis word gevind in Gen 26. In die Christelike kerk is die offer van Isak deur Abraham tipologies verbind met Christus* se offer en kruisdood. Die vroeë kerkva­ders* sien Isak ook as voorbeeld van die perfekte offer.

Sidebar