ISLAM: SENDINGWERK ONDER MOES­LIEMS

ISLAM: SENDINGWERK ONDER MOES­LIEMS. Die Moesliemgeloof is na Suid-Afrika gebring deur Moesliemslawe en kontrakarbeiders (Kyk by: Islam in Suid-Afrika). Dié mense het hulle geloof en ge­bruike streng bewaar. Islam* verwag van sy aanhangers om hulle geloof uit te dra, en dit groei tans vinnig in Afrika. Moes­liems se geloof staan baie sterk, want van hulle vroegste jare af word kinders in die Madressa (Moesliemskool) onderrig in hulle geloof (Islam), taal (Arabies*) en kultuur.

Weinig Moesliems kan deur sending­*werk en evangelisasie*-aksies bereik word. Die ervaring het geleer dat dié wat hulle wel tot die Christelike geloof* bekeer, vir Christus* gewen word danksy evangelisasie deur vriende. Christene se getuienis moet brûe na Moesliems toe bou sodat hulle kan sien dat ons die evangelie* van hoop uitleef. Die inhoud van sowel as die manier waarop die boodskap oorgedra word, is belangrik, want dit is hoe ons die reg verdien om aangehoor te word. Bied die evangelie* met sagmoedigheid en respek aan. As Christengetuies geen tekens van bekering* opmerk nie, moet hulle nie moed verloor nie, maar aanhou om die Groot Opdrag te gehoorsaam deur die saad van die evangelie te saai en die opbrengs oor te laat aan die Here van die oes.

Vir verdere lees: HL Pretorius, AA Odendaal, PJ Robinson, G van der Merwe 1996. Reflecting on Mission in the African Context. Bloemfontein: Pro Christo Publi­cations.

Sidebar