ISMAEL

ISMAEL is die naam van verskeie persone in die Bybel*.

  1. ‑Hy is die seun van Abraham* en Sara* se slavin Hagar* (Gen 16). Tydens Hagar se swangerskap het God al aan haar belowe dat Hy haar nageslag groot sal maak. Ná Isak se geboorte is Hagar en Ismael weg­ge­stuur deur Sara en Abraham. God het gehoor waar Ismael van dors in die woestyn gehuil het. God het sy engel* ge­stuur om sy belofte aan Hagar weer eens te bevestig en aan hulle water te gee. Ismael beteken “God hoor”. Ismael word vergelyk met ’n ontembare wilde donkie wat in die woestyn bly en in vyandskap leef met sy bloedverwante. Hy was goed met ’n pyl en boog en het in die Paran­woe­styn gebly, en met ’n Egiptiese vrou getrou. Hy was die voorvader van die Is­mae­liete*, wat deur die Moesliems* be­skou word as hulle voorvader.
  2. ‑Die seun van Netania, lid van die konink­like hof in die tyd ná die val van Jerusa­lem* (Jer 41:11; 2 Kon 25:25).
  3. ‑’n Afstammeling van Saul* (1 Kron 8:38; 9:44).
  4. ‑Die pa van Sebadia, hoof van Juda*4 in die tyd van koning Josafat* (2 Kron 19:11).
  5. ‑’n Kaptein betrokke in die rebellie teen Atalia* (2 Kron 23:1).
Sidebar