ISRAEL

ISRAEL. Die naam Israel (dit beteken in Hebreeus* letterlik “God het geworstel”) word in verskillende kontekste gebruik.

Die moderne staat Israel

  1. ‑Die naam Israel word ook gebruik om te verwys na die moderne staat Israel wat in 1948 geproklameer is. Ortodokse en nasionalistiese Israeli’s (soos die inwo­ners van die moderne Israel genoem word) glo dat hierdie staat die voortsetting van die tradisie van die Ou Testament* is, en dat die Joodse* geloof ook in kontinuïteit is met die Ou-Testamentiese geloof. Ná die verskriklike uitwissing van sowat 6 miljoen Jode deur die Nazi’s in die Tweede Wêreldoorlog*, was die totstandkoming van die moderne Israel met die steun van die Verenigde Nasies deur sommige gesien as ’n manier om te “vergoed”vir wat gebeur het. Dit het egter meegebring dat duisende Palestyne staatloos gelaat is en dit het op sy beurt tot groot ellende gelei. Die hedendaagse konflik tussen Israeli’s en Palestyne is nie maklik by te lé nie, aangesien die Palestyne aanspraak maak op ’n gedeelte van die Israelse grondgebied (bv die Wesoewer, Gasastrook en Golan-hoogland), en hulle ’n mate van selfregering in van dié gebiede het. Hulle maak ook aanspraak op dele van Jerusalem*. Die Israeli’s se reaksie op hierdie aansprake – deur bv voort te gaan om nedersettings op die Wesoewer te bou en die Gasastrook só te isoleer dat miljoene Palestyne in ’n beperkte gebied vasgehok is – lei van tyd tot tyd tot Palestyne se bom- en vuurpylaanvalle op Israel en Israel se kragdadige weerwraak. Planne vir ’n “Tweestaat-oplossing”vir dié konflik word telkens deur een van die partye gefnuik. Die vooruitsig op blywende vrede in die Midde-Ooste is steeds baie klein.

 

Sidebar