ITAMAR

ITAMAR is ’n seun van Aäron*. Hy is saam met sy pa en broers, Nadab, Alihu en Eleasar, as priesters*2 aangestel (Eks 28:1; Lev 8, 9). Itamar was in beheer van die kosteberekening vir die bou van die tabernakel* (Eks 38:21) en later in beheer van die Gerson*-groep, wat die “drawerk” in die tabernakel gedoen het (Num 4:28). Nadab en Alihu is vroeg dood, wat beteken het dat die priesterlike geslag uit Itamar en Eleasar gekom het. Eli* was uit die geslag van Itamar, maar ná die sonde van Eli, het die priesterlike geslag net uit Eleasar gekom (1 Kon 2:27).

Sidebar