JABNE

JABNE. Die Hebreeuse* Bybel het ’n inge­wikkelde oorleweringsgeskiedenis. Die teks is eers in die 1ste eeu nC gestan­daardiseer. Ná die val van Jerusalem* (70 nC) het ’n prominente geestelike Joodse* rabbi*, Jo­hanan Ben Zakkai, na Jabne (Jamnia) gevlug en daar ’n teologiese skool aan die Middellandse See gestig. By die “vergade­ring van Jabne” is besluit watter tekste die Hebreeuse Bybel sou uitmaak.

Sidebar