JALOESIE

JALOESIE is afguns op ander mense vanweë dit wat hulle is of het. Dwarsdeur die Bybel* lees ’n mens van mense wat jaloers of afgunstig was op ander, bv Ragel* (Gen 30:1); Josef*1 se broers (Gen 37:11); die priesterhoofde* (Mark 15:10), en sommige Christelike leiers (Fil 1:15). Omdat jaloesie/afguns sonde* is, word gelowiges* pertinent daarteen gewaarsku (Mark 7:22; 1 Kor 13:4; Gal 5:21).

In Rom 11:11, 14 word “jaloesie” egter as iets positiefs gesien: die Jode* wat nie in Christus glo nie, moet jaloers word op die gelowige heidene* en daarom ook in Christus* begin glo. As in die 1933/1953-Afrikaanse Ver­taling gesê word dat God “jaloers” is (bv Eks 20:5; 34:14), beteken dit nie dat God sondige emosies koester nie, maar dat Hy wil dat sy volk net vir Hom moet dien*.

Sidebar