JEHOVAGETUIES

JEHOVAGETUIES is ’n groepering wat teen die einde van die 19de eeu in die VSA ontstaan het en intussen na verskeie lande oor die wêreld versprei het. Die stigter was CT Russel (1850–1916) wat ná sy dood deur JF Rutherford opgevolg is. Die Wagtoring­ge­nootskap (The Zion Watch Tower Tract Society) wat in 1881 gestig is, het tot ’n wêreldwye onderneming uitgegroei wat miljoene boeke, tydskrifte en traktate versprei. Hulle het ’n eie Bybelvertaling, The New World Translation. Die leerstellings van die Jehovagetuies is op talle punte in botsing met dié van die meeste Christelike kerke, veral ten opsigte van die Drie-een­heid* en die Godheid van Christus* wat hulle nie aanvaar nie, die wederkoms* en die lewe ná die dood. In baie dorpe en ste­de van Suid-Afrika word gemeentes van die Jehovagetuies aangetref.

Sidebar