JERIGO

JERIGO (Tell es-Sultan) is onder seevlak, noord van die Dooie See in die Jordaan*­vallei geleë. Dit is een van die heel oudste nedersettings op aarde. Die vroegste tekens van bewoning dateer uit die 10de tot 8ste millennium vC. Volgens Jos 6 was dit die eerste stad wat die Israeliete* in die be­loofde land ingeneem het, maar argeologiese bewyse van so ’n inval ontbreek. Die profeet Elia* is daar naby in die hemel op­ge­neem en Elisa* het die fontein se water drink­baar gemaak (2 Kon 2). Koning Hero­des*1 het daar ’n winterpaleis gehad en Jesus* verwys na Jerigo in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan*.

Vir verdere lees: E Stern (red) 1993. The New Encyclopedia of Archaeological Exca­va­tions in the Holy Land. Volume 1. Jerusa­lem: The Israel Exploration Society & Carta.

 

Sidebar