JESUS ALIVE MINISTRIES

JESUS ALIVE MINISTRIES. Hierdie charismatiese* kerklike groepering het in 1982 as ’n nuwe onderdeel van die Interna­tional Fellowship of Christian Churches (IFCC) tot stand gekom. Hulle hoofkantoor is in Honeydew aan die Wesrand gevestig. Evangelis Peter Pretorius is hulle stigter. Hulle beskik oor ’n nuusbrief bekend as Jesus Alive Ministries: Africa News. Hulle hoofaktiwiteite fokus op massaveldtogte in Suid- en Sentraal Afrika, op­heffingsprogramme in Angola, Mosambiek en Rwanda, en verskeie jeugprojekte en kin­der­huise. Hulle het meer as 500 sendingwerkers uit 17 verskillende lande.

Sidebar