JETRO

JETRO is Moses* se skoonpa en pa van Sippora*. “Jetro” verwys waarskynlik na sy priesterskap in Midian* (dit wil sê: dit is ’n titel), met Reüel sy eienaam (Eks 2:18). In Eks 18 bring Jetro vir Sippora en haar twee seuns na Moses toe by Sinai*2. Moses het hulle by Jetro gelos tot ná die uittog uit Egipte*. Hier sou hy ook aan Moses raad gee oor die regspleging oor die volk. Hy raai hom aan om nie alles self te doen nie, maar bekwame mense as leiers oor die volk aan te stel wat hom kan bystaan. Volgens Rig 1:16 is die Keniete* die afstammelinge van Jetro. Moses het waarskynlik by sy skoonpa van Jahwe* te hore gekom.

 

Sidebar