JOAHAS

JOAHAS is die naam van twee konings in die Ou Testament*.

  1. ‑Die seun en troonopvolger van Jehu*1, die koning van Israel*, met Samaria* as hoofstad (2 Kon 10:35). Hy was die elfde koning van die Noordelike koninkryk van Israel en het 17 jaar geregeer (820–804 vC), maar teen God bly sondig, totdat die Arameërs* sy koningskap vernietig het (2 Kon 13:1-9).
  2. ‑Die seun van Gamutal, die dogter van Jeremia* uit Libna. Hy word die sewentiende koning van die Suidelike koni­n­k­ryk van Juda*4 in die plek van sy pa, Josia* (609 vC), maar sou net drie maan­de die posisie beklee, voordat hy deur farao Neko* na Egipte* weggevoer word, waar hy ook dood is (2 Kon 23:30-34). Ook hy was ’n goddelose koning.

 

Sidebar