JOJADA

JOJADA. Drie persone in die Ou Testament* dra hierdie naam.

  1. ‑Die seun van Jojada, Benaja*, is deur Dawid* aangestel as hoof van die koning se Filistynse* lyfwag (die Kreti) (2 Sam 8:18).
  2. ‑’n Priester*1 wat getroud was met Jehoseba, die dogter van koning Joram* van Juda*4 en ’n suster van Ahasia* (2 Kron 22:11). Hulle het Ahasia se jongste seun, Joas*, vir 6 jaar in die tempel weggesteek voordat hulle met ’n veldtog begin het wat Joas op 7-jarige ouderdom op die troon van Juda sou bring (2 Kron 23). Jojada was vir die res van sy lewe Joas se raadgewer (2 Kon 12:2; 2 Kron 24:15).
  3. ‑’n Priester*1 wat saam met Serubbabel* na Jerusalem* uit ballingskap*2 teruggekeer het. (Neh 12:11 en 13:28-29).

 

Sidebar