JOJAGIN

JOJAGIN is die seun van Jojakim* en Ne­gusta, wat in die plek van sy pa die voorlaaste (19de) koning van Juda* geword het (597 vC). Hy was 18 jaar oud toe hy koning geword het, maar sy koningskap sou net drie maande duur, omdat hy goddeloos was in die oë van die Here*. Nebukadnesar*, die koning van Babel*, het Jerusalem* verwoes en almal, ook die ko­ning en sy familie, na Babel* weggevoer. Die profeet Jeremia* het die gebeure voorspel in Jer 22:24-30. Nebukadnesar het Mattan­ja*, ’n oom van Jojagin, in sy plek koning gemaak, onder ’n nuwe naam, Sedekia* (2 Kon 24:8-18). Jojagin was vir 37 jaar in ballingskap totdat hy deur die nuwe ko­ning van Babel, Ewil-Merodak*, begenadig is en vir die res van sy lewe aan die konink­like hof gewoon het (2 Kon 25:27-29).

 

Sidebar