JONATAN

JONATAN beteken “Jahwe* het gegee”. Verskeie persone in die Ou Testament* het hierdie naam. Die twee belangrikstes is:

  1. ‑’n Leviet* wat in Rig 18:30 “seun van Gerson, seun van Moses*” genoem word.
  2. ‑Die oudste seun van koning Saul*, eerste koning van Israel*, uit die stam van Benjamin*. Hy was ’n groot vriend van Dawid* – 1 Sam 20 vertel van Jonatan se liefde vir Dawid: “… hy het hom liefgehad soos homself” (of: “soos sy eie lewe”). Jonatan word uitgebeeld as iemand met ’n sterk karakter wat ook atleties en dapper was. Hy het telkens vir Dawid opgekom en ook sy lewe gered. In 2 Sam 1:19-27 is ’n aangrypende loflied van Da­wid oor Jonatan en sy pa ná hulle dood op die slagveld.
Sidebar