JOSAFAT

JOSAFAT beteken “Jahwe* het reg ge­spreek”. Verskeie persone met dié naam word in die Ou Testament* vermeld.

  1. ‑Die vierde koning van Juda*4 (870–846 vC) en seun van Asa* en Asuba.
  2. ‑Die seun van Agilud. Hy was ’n hoof-uitvoerende beampte onder Dawid* (2 Sam 8:16) en Salomo* (1 Kon 4:3).
  3. ‑Die seun van Paruag, en Salomo se streekbestuurder in Issaskar* met die oog op die onderhoud van die koning en sy hof vir een maand van die jaar (1 Kon 4:17).
  4. ‑Die seun van Nimsi en pa van Jehu*, koning van Israel* (2 Kon 9:2, 14).

 

Sidebar