JULIUS

JULIUS was ’n offisier van die keiserlike regiment in Sesarea*, wat Paulus* en ander gevangenes op die skip na Rome* opgepas het (Hand 27). Hy was vriendelik teenoor Paulus. Hy laat toe dat Paulus in Sidon* by vriende kuier. Die skip het Mooi Hawens, Kreta*, bereik en Paulus het aanbeveel dat die skip daar oorwinter. Julius luister egter nie, die skip beland in ’n storm en strand op die eiland Malta. Julius het gekeer dat sy soldate die gevangenes doodmaak. Met hierdie beskrywing van Julius wys Lukas* dat heidene* en Christene* mekaar kan respekteer en dat die Christelike geloof nie staatsgevaarlik is nie.

Sidebar