JÜNGEL, EBERHARD

JÜNGEL, EBERHARD (1934–), se teologie* word baie sterk deur Karl Barth* beïnvloed en hy het ook ’n groot belangstelling in die werk van Rudolph Bult­mann* ge­had. As professor, eers in Zürich en toe in Tübingen, het hy verskeie onderwerpe veral in die Nuwe Testament* nag­evors. Dit sluit die filosofie van godsdiens, religieuse taal, Chris­tologie*, antropologie en godsdiens, asook die Drie-eenheid* in. Hy propageer die standpunt dat die le­ringe van Jesus* as ’n blou­druk vir die oplossing van ’n mens se probleme beskou kan word. Dit baseer hy op sy oortuiging dat die openbaring in Jesus ’n stel absolute waar­hede opgelewer het wat op alle mense van alle tye betrekking het. Hiermee word Jesus God-se-medemenslik­heid in die wêreld. Jesus is die norm vir alle gedrag. Om Jesus te ken, is om God te ken. God maak Hom kenbaar deur Jesus en Jesus deur die Bybel*. Jesus is dus die enigste bron van ons geloof, sê Jüngel.

 

Sidebar