JUSTUS

JUSTUS, “die Geregtige”, is die bynaam van drie persone in die Nuwe Testament*:

  1. –Josef*6 Barsabbas: Ná Judas Iskariot* se dood is sy opvolger deur middel van ’n lo­ting tussen twee volgelinge van Jesus – ’n sekere Mattias* en ’n Josef Barsabbas met die bynaam Justus – bepaal (Hand 1:15-26). Die loting het Mattias as twaalfde apostel aangewys.
  2. ‑Titius Justus: Titius Justus se huis was in Korinte* langs ’n Joodse sinagoge*. Hy het God in die sinagoge gedien alhoewel hy nie ’n Jood* was nie. Toe Paulus* nie meer in die sinagoge die evangelie* kon verkondig nie, is sy verkondiging in Titius Justus se huis voortgesit (Hand 18:7). Daarom word hy soms met die Gaius geïdentifiseer wat die gasheer van die hele gemeente* in Korinte* was (Rom 16:23).
  3. ‑Jesus Justus: ’n Medewerker van Paulus wat uit die Jodedom gestam het en saam met hom in die gevangenis was en groete aan die gemeente in Kolosse* gestuur het (Kol 4:10-11).
Sidebar