KADES-BARNEA

KADES-BARNEA is ’n fonteingebied in die noordooste van die Sinai*1-skiereiland, 110 km suid van Hebron*, ook net as Kades, of En-Mispat, bekend (Gen 14:7). Volgens Deut 1:2 sou die roete van Sinai tot by Kades-Barnea die Israeliete net 11 dae neem, maar hulle ongeloof dat God aan hulle die beloofde land wou gee, sou tot ’n swerftog van 40 jaar lei (Deut 1:46; Num 14:32-35). Moses het van hier af die spioene na Kanaän* gestuur. Moses* se suster, Mir­jam*, is hier dood en begrawe (Num 20:1).

 

Sidebar