KANON

KANON (uitgespreek kánon) beteken “meetstok” en verwys na die boeke van die Bybel* wat as “maatstaf” vir geloof en lewe geld. Daarom word van hierdie boeke as kanonieke boeke gepraat. Dit kan ook na die besluite van die groot ekumeniese* rade uit die Vroeë Kerk* verwys waarin rigtinggewende geloofsbeslis­sings gevel is. Die wetenskap van kanonge­skie­denis bestudeer die komplekse proses van kanonvorming.

Die kanon soos ons dit ken, is in hoofsaak eers laat in die vierde eeu, teen 397, vasgestel.

Die Hebreeuse/Aramese Bybel word gewoonlik in die wet, profete en geskrifte verdeel. Die Griekse Nuwe Testament word verdeel in die evangelies, die briewe en openbaring. Die Protestantse* kanon omvat 66 boeke, 39 uit die Ou Testament* en 27 uit die Nuwe Testament*. Anders as die Katolieke*, word beperkte gesag aan die sg apokriewe* boeke, waaronder Jesus Sirag en die boeke van die Makka­beërs, toegeken. Ongeag sy samestelling, het die kanon groot gesag in die Joods-Christelike tradisie, en het vertalings van die Bybel deur die eeue ook aansienlike invloed op taal en kultuur uitgeoefen.

 

Sidebar