KARMEL

KARMEL is die naam van twee plekke.

1.‑’n Bergreeks in die noordweste van Israel* teen die Middellandse See, 50 km lank en 546 m hoog, hoofsaaklik bekend as gevolg van die stryd tussen Elia* en die priesters van Baäl* hier (1 Kon 18; 19:1-2). Die naam beteken “tuin” en word op ver­skeie plekke in die Ou Testament* spreek­woordelik gebruik, bv in Hoogl 7:5; Jes 33:9; 35:2; Jer 46:18; 50:19 en Amos 1:2.

  1. ‑’n Stad, 12 km suidoos van Hebron* in Juda* (Jos 15:55), waar Saul* ’n gedenkteken vir homself opgerig het ná sy oorwinning oor Amalek* (1 Sam 15:12).

 

 

 

 

Sidebar