KEISER

KEISER. Die titel “keiser” kom van Caius Julius Caesar*, die imperator (oorwinnende generaal), se familienaam. In 27 vC word Augustus (Octavianus) princeps, die eerste burger, alleenheerser, keiser van die Romeinse Ryk*. Die senaat benoem die keiser wat oënskynlik die Republiek se tradisies voortsit. Die keiser beliggaam verskillende ampte: bevelvoerder van die leër buite Italië; beheer oor keiserlike provinsies; finale instansie van appèl in regsake, self immuun voor die reg met vetoreg oor alle wette; hoëpriester (pontifex maximus). Julius Caesar is ná sy dood (44 vC) goddelik verklaar. In die provinsies is tempels vir die keisers opgerig, maar hulle is gewoonlik eers ná hulle dood as god vereer. (Kyk ook: Ceasar.)

Sidebar