KENDRICK, JOHN

KENDRICK, JOHN (1799–1813) is in Wokingham, Berkshire, Engeland gebore, die seun van ’n sersant in die weermag. In 1797 het hy as soldaat by die Provisional Cavalry aangesluit en twee jaar later by die Yorkshire Light Dragoons. Hy het geduren­de Kerstyd 1804 by Newcastle in Stafford­shire tot bekering* gekom toe hy na eerw George Morley geluister het. Daarna het hy goeie werk as lekeprediker gedoen – al is hy deur sommige van die offisiere in die weer­mag geviktimiseer.

In 1806 is Kendrick en sy mede-soldate na die Kaap gestuur. Hulle is eers na Saldanhabaai toe waar hulle tien maande gebly het voordat hulle na Kaapstad teruggekeer het. In Augustus 1807 het hy die Kaap se Metodiste* ontmoet en in 1809 is hy gevra om die leier van die groep te word. Gedurende Desember 1809 was daar ’n aardbewing wat almal laat skrik en gedurende die volgende maande tot ’n herlewing gelei het.

Hy is in 1810 tot Troop Sergeant Major bevorder, maar van 1811 af het die kolonel, wat Anglikaans* was, die Metodiste begin vervolg, veral omdat lg sterk gegroei het. Teen April 1813 was daar 131 Metodiste aan die Kaap.

Vir verdere lees: “The Kendrick papers” in: The Journal of the Methodist Historical Society of South Africa, vol 2, no 4, 1955.

 

Sidebar