KISON

KISON is ’n spruit wat in die noordelike heuwels van Samaria* ontspring, die vlakte van Megiddo* dreineer en by Akko*, net noord van Karmel*, in die Middellandse See uitloop. Die spruit is veral bekend vir sy plek in die stryd tussen Barak* en Sisera*. Die strydwaens van die Kanaäniete* kon nie hond haaraf maak in die moerasse nie en volgens Debora* se lied het die water van die Kison die strydwaens meegesleur (Rig 4 en 5:21). Die Kison word ook genoem in die stryd tussen Elia* en die Baäl*priesters (1 Kon 18:40).

Sidebar