KLOOSTER

KLOOSTER dui op die huis of woonplek van ’n Katolieke* gemeenskap. In 313 nC, met die Edik van Milaan*, het keiser Kon­stantyn* die Christelike geloof wettig ver­klaar – en, omdat die keiser self ’n Christen* was, het dit tot die instroming van “mode”-Christene gelei. Dit het die begeerte by baie laat ontstaan om ’n suiwer vorm van geloof* uit te leef, en in Noord-Afrika het mense, onder die gelofte van armoede, gehoorsaamheid en om selibaat* te lewe, begin om na persoonlike heiligheid* te strewe. Antonius van die Woestyn het reëls vir die woestyn-monnike opgestel wat klem op gebed* en werk gelê het. Onder Basilius het hierdie soort lewe vir mans en vroue na die ooste versprei, en in die weste het Bene­diktus dit met nuwe reëls bevorder. Van die 8ste tot die 12de eeu was die Benediktynse lewe die enigste soort kloosterlewe in Europa. Ná die 12de eeu het baie ander soorte ontstaan. Hulle is toe ook verdeel in “afgesonderde” en “aktiewe” kloosterbewoners wat wel saam woon, maar eersgenoemdes werk in die klooster en is nie aktief in die wêreld betrokke nie, terwyl laasgenoemdes werke van genade in die alledaagse lewe doen.

Sidebar