KOMMUNIKASIE EN SENDING

KOMMUNIKASIE EN SENDING. Sending* vereis dikwels transkulturele kommunikasie. Sodanige kommunikasie hou verband met die begrippe aanknoping/aanknopingspunt*, akkommodasie*, akkul­tu­rasie*, inheemswording*, inkarnasie en kontekstualisering*. Kommunikasie is ’n pro­ses wat die volgende elemente bevat: 1. ’n bron; 2. ’n boodskap, en 3. ’n ontvanger of respondent. Die bron moet die boodskap verpak of enkodeer en stuur. Die ontvanger moet dit dekodeer, interpreteer en daarop reageer. Die boodskap kan deur talle media oorgedra word: woorde, wat gepraat of geskryf kan wees; dade; simbole; selfs stilte. Die doel van kommunikasie is dat die ontvanger die bo odskap verstaan – en daarop reageer – soos die bron dit bedoel het. Om dié doel te bereik, moet die boodskap sin maak in die konteks of kul­tuur* van die ontvanger. Die boodskap moet die ontvanger veilig bereik. Hierdie begrip­pe het te doen met die manier waarop die boodskap in die ontvangende kultuur tuiskom. (Kyk ook: Sending en kultuur.)

Sidebar