KONSTANTINOPEL

KONSTANTINOPEL, vandag Istanbul in Turkye, is in 330 deur Konstantyn* ingerig as hoofstad op die terrein van die Griekse stad Bizantium. Hoofstad van die Oosterse ryk tot 1453. Turkse hoofstad van 1453 tot 1923. In die kerkgeskiedenis* is die stad veral bekend vir die konsilies* wat daar gehou is. Op die konsilie van 381 is die Belydenis van Nisea* vasgestel en die leer van Arius* verwerp.

Sidebar