KONTRAREFORMASIE

KONTRAREFORMASIE. Die term “Kon­tra­reformasie” word deur Katolieke ge­leerdes as te eng en reaktief beskou om die hervor­mingsbeweging in die Katolieke Kerk*, wat reeds vóór die Reformasie* begin het, te beskryf. Dit kan hoogstens gebruik word om spesifieke maatreëls wat teen die R­e­formasie getref is, aan te dui. Daar was egter ’n beweging wat soms die “Katolieke Reformasie” genoem word en wat tot minstens die einde van die 17de eeu voortge­duur het.

Hierdie hernuwing het op baie aspekte van die Katolieke kerklewe sy invloed gelaat: van administrasie tot die reiniging van die lewenstyl van priesters*2 en klooster*linge. Daar was grootskaalse verdieping in die geestelike lewe, ’n oplewing in kerkkuns en geesdriftige sending*werk wêreldwyd. Net soos in die Protestantse* Reformasie, was daar ook in die Katolieke Kerk ’n nadruk op ’n kategismus* as die beste manier om die geloofsleer oor te dra.

Alles is natuurlik ook nie positief nie. Indertyd was daar by Katolieke sowel as Protestante ’n onverdraagsaamheid teenoor diegene wat beskou is as ondermyners van die geloof. Die Inkwisisie* en die veroorde­ling van Galileo* is betreurenswaardige voorbeelde hiervan.

Dit is opvallend dat die dryfkrag van hierdie beweging nie so seer die Vatikaan* was nie, maar plaaslike biskoppe*, politieke leiers en veral mense met groot persoonlike geloofserns.

^^^1

Sidebar