KORINTE/KORINTHE

KORINTE/KORINTHE was in die Nuwe-Testamentiese* tyd ’n groot, welvarende en kosmopolitiese handelstad in die suide van Griekeland aan die Middellandse See en een van die sentrums van Hellenistiese* kultuur. Die stad se kosmopolitiese gees het gelei tot die breek met tradisie en konvensie, eksperimentering met nuwe gedagtes, en opgewondenheid oor geestelike ervarings. Met die stigting in 50 nC deur Paulus* van ’n Christelike gemeente* daar, het die Christelike geloof* onder andere ingang gevind omdat die inwoners en reisigers so belang gestel het in wat nuut is, maar die gelowiges het as gevolg daarvan ook te kampe gekry met eiesoortige uitdagings en dwaalleringe* waarop Paulus in sy briewe reageer. (Kyk by: 1 Korintiërs [Bybelboek] en: 2 Korintiërs [Bybelboek].)

 

Sidebar