LAASTE OORDEEL

LAASTE OORDEEL. In Op 20:11-15 word ’n troonvisioen geskilder met Een wat op die troon* sit, die boeke van die dooies van alle tye en van die dan nog lewendes wat oopgemaak word, en die finale oor­deel* wat plaasvind. Almal word volgens hulle werke geoordeel soos dit in die boeke opgeskryf staan. Die laaste oordeel is die afronding van ’n reeks gebeure wat by die wederkoms* van Christus* sal plaasvind wanneer die huidige bedeling in die finale een sal oorgaan. Dit alles kan gesien word as die vervulling* van die Ou-Testamentiese* profesie* oor die aanbreek van die dag* van die Here (Jes 13:6; Joël 2:1, 11, 31). In Heb 12:23 en Jak 4:12 word God die Regter* genoem, maar in Hand 10:42 (vgl 2 Tim 4:8) word Christus genoem as die bestemde Regter oor lewendes en dooies. Op grond van bg tekste bely en glo die kerk* deur die eeue dat Christus weer sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel (vgl ook 2 Tim 4:1).

 

Sidebar