LABAN

LABAN was die broer van Rebekka* en pa van Ragel* en Lea*, woonagtig in Paddan-Aram* (Gen 24:29; 29:10). Hy word uitgebeeld as iemand wat ander verkul het. Jakob* het vir 20 jaar by Laban gewerk – vir Ragel sewe jaar, toe kul Laban hom en hy kry Lea, toe nóg sewe jaar vir Ragel, en ’n verdere ses jaar vir vee – en uiteindelik het Jakob vir Laban met ’n slimstreek gevang en sy skoonpa as ’n ryk man verlaat. Hulle het darem ’n vriendskapsooreenkoms ge­sluit (Gen 31).                            

Sidebar