LAGIS

LAGIS is een van die hoofstede van Juda*3 en ’n koninklike vesting wat die suidelike Ju­dese heuwelland beskerm het teen in­valle van die suidelike Filistynse vlakte. Dit is geleë tussen Jerusalem* en Gasa* en word geïdentifiseer met Tell ed-Duweir. Die eerste vermelding van Lagis in die Bybel* kom voor in die verhaal van Israel* se oorwinning by Gibeon* wat uitgeloop het op die vernietiging van Lagis (Jos 10:3-5; 12:11). Ná hierdie oorwinning het Lagis deel van die gebied geword wat aan die stam van Juda toegesê is as erfdeel (Jos 15:39).

Lagis is een van die stede waar van die meeste argeologiese werk gedoen word – ’n uitstalling daarvan is in die Bybels-historiese museum van Unisa in Pretoria.

 

Sidebar