LASTER

LASTER is die doelbewuste en kwaadwillige verspreiding van inligting oor ’n persoon met die oog daarop om ’n negatie­we refleksie op die persoon se goeie naam en integriteit te werp. Daar kan onderskei word tussen die (kwaadwillige) versprei­ding van inligting wat wel waar is, maar nie in die openbaar bekend is nie, en die verspreiding van inligting wat vals is of ’n wanvoorstelling van feite weergee. Hoewel laasgenoemde vorm van laster (ook bekend as kalumnie) soms as ’n erger oortreding as eersgenoemde beskou word, is albei vorms afkeurenswaardig, veral in die lig daarvan dat dit moeiliker is om die skade wat deur eersgenoemde vorm van laster aangerig word, reg te stel.

Sidebar