LATOURETTE, KENNETH SCOTT

LATOURETTE, KENNETH SCOTT (1884–1986), ’n Baptis*, was van die 1920’s tot die 1950’s aan die Divinity School van die Yale-Universiteit in New Haven, Con­nec­ticut, verbonde. Hy is waarskynlik die kerkhistorikus in Noord-Amerika wat saam met RT Handy in die 20ste eeu vir die belangrikste vernuwing van die kerkhistoriese wetenskap in hierdie wêrelddeel verantwoordelik was. Behalwe vir die feit dat hy ’n uitnemende en aktiewe navorser was, was sy skryfwerk ook baie omvangryk. Hy het veral bekend geword vir sy ekumeniese* benadering van die uitbreiding van die Christendom* en sending* oor die hele wê­reld, History of the Expantion of Chris­tianity (7 dele). Hy het ook ’n belangrike stimulus aan die integrering van kerk- en sendinggeskiedenis* gegee. Die toon van Latourette se kerkgeskiedskrywing was deur­gaans optimisties – hy het die positiewe voortgang van die kerk beklemtoon.

 

Sidebar