LEA

LEA is die dogter van Laban*, suster van Ragel* en vrou van Jakob* (Gen 29:16). Sy word beskryf as vrou met swak of sagte oë. Dit is onseker of dit ’n negatiewe beskrywing (“gebrek”) is en of die verteller aan haar ’n skoonheidsbate wou toeskryf. Lea het vir Jakob ses seuns en ’n dogter in die wêreld gebring, maar was ongelukkig, want Jakob was liewer vir Ragel.                 

Sidebar