LEER

LEER s.nw. Aantal reëls/stellings/teorieë wat ’n afgeslote geheel vorm, veral in die godsdiens. Geloofsgemeenskappe (hetsy Christelik: Katoliek*/Protestants*/gereformeerd*/Pinkster-charismaties* ens, ook Joods*, Islamities* ens) beskik in ’n mindere of meerdere mate oor reëls/stellings/teorieë wat uitdrukking gee aan hulle geloof*. Vir gereformeerdes gee die leer uitdrukking aan wat op grond van die Skrif* geglo word. Dié leer, of dele daarvan, is in belydenisskrifte, soms in besluite van sinodes*, verwoord. In sommige geloofsgemeenskappe is die leer baie rigied, haas “onveranderlik”, in ander meer soepel. Gereformeerdes aanvaar dat ook die kerk* se leer leer aan hervorming onderworpe is sodat dit steeds in ooreenstemming kan wees met wat die Skrif vir elke tyd te sê het. (Kyk ook by: Dogma; Kerkleer; Onderwysing.)

 

Sidebar