LEIBNIZ, GOTTFRIED WILHELM

LEIBNIZ, GOTTFRIED WILHELM (1646–1716) was ’n tydgenoot van Isaac Newton*, Leibniz se mede-ontdekker van die “differensiaalrekening” (Calculus), hoe­wel hierdie punt tot hewige polemiek tussen hulle gelei het.

Leibniz het regte, wiskunde en filosofie studeer aan Leipzig- en Jena-universiteite (1661–1666), en het in diens getree van die keurvors van Mainz (1666) en van die hertog van Brunswick as hertog-bibliotekaris (1676). Sy hooftaak was die opstel van die hertoggeskiedenis, maar Leibniz het sy posisie gebruik om bydraes tot die filosofie, teologie* en wiskunde te maak en hy was die stigter van die wetenskappe-akademie in Berlyn (1700).

Die optimisme van sy Protestantse* teologie blyk uit Theodicy (1710) waarin hy ’n harmonie tussen geloof* en rede uitge­werk het. Hy het die Christendom* as hoogste vorm van godsdiens gesien en kwaad* as die onge­lukkige gevolg van die beperkt­heid van die geskape dinge. In sy leer van Mona­do­logie (1714) poog hy om Descartes* se dualisme op te los en die meganiese bena­de­­rings tot die mens en samelewing van Newton en Locke* te verbeter, deur die geestelike aard van die wêreld (wat hy in terme van beweging gesien het) te verklaar.

Weens die buitensporigheid van die Dertigjarige Oorlog het Leibniz onsuksesvol probeer om Protestantse en Katolie­ke* teoloë met mekaar te versoen (1686–1691).

Vir verdere lees: RH Popkin (red) 1999. The Pimlico History of Western Philosophy. Londen: Pimlico. I Sellers 1974. “Leibniz, Gottfried Wilhelm”, in: JD Douglas (red), The New International Dictionary of the Christian Church. Exeter: Paternoster.

 

Sidebar