LESSING, GOTTHOLD EPHRAIM

LESSING, GOTTHOLD EPHRAIM (1729–1781) was die seun van ’n Lutherse* predikant. Hy studeer aan die Universiteit van Leipzig met letterkunde en kuns as sy groot voorliefdes. Lessing se denke is sterk beïnvloed deur Herman Reimarus. Dit het gebeur nadat hy in 1754 aangestel is as bibliotekaris van die Hertog van Brunswyk en ’n manuskrip met die titel Apology for Rational Worshippers of God onder oë gekry het. Soos baie van die denkers van sy tyd was Reimarus van mening dat mora­liteit* die mees fundamentele uitdaging van die Christendom* was. Om mense tot groter verdraagsaamheid, liefde en vrygewigheid te lei, moes die kerk* se grootste uitdaging wees. Dit het Lessing aangespoor om te begin soek na die sg historiese Jesus*, die “Jesus van die geskiedenis wat agter die Christus* van die geloof staan”. In ’n werk getiteld: New Hypothesis Concer­ning the Evangelists as Merely Human Historians het hy die betroubaarheid van die Sinoptiese Evangelies* as historiese bron­ne bevraagteken. Dit bring mee dat Lessing as een van die grondleggers beskou word van wat vandag bekend staan as die li­berale teologie*. Die logiese gevolg van sy standpunt is dat hy die Christelike geloof verwerp het omdat dit volgens hom nooit absoluut kon wees soos wat Christene graag wou glo nie.

Sidebar