LEVI

LEVI is die naam vir vier persone in die Bybel*, van wie een in die Ou Testament* en drie in die Nuwe Testament* vermeld word.

  1. ‑Die Ou Testament se Levi was die derde seun van Jakob* en Lea* wat in Gen 29:34 genoem word. Hy was die voorva­der van geslagte van Levitiese priesters. In sommige geslagslyste in die Ou Testa­ment word Levi wel as een van die twaalf seuns van Jakob gereken (en daarom as ’n aparte stam), terwyl ander lyste hom vervang met Manasse* of Simeon*.

‑   Die eerste afstammelinge van Levi was Gerson*, Kohat* en Merari*. Later in die Ou Testament word aangedui dat Mo­ses*, Aäron* en Sadok* almal afstamme­linge van Levi was. Hierdie geslagslyn is belangrik geag vir die priesterskap.

‑   Levi en die Leviete* word deur sommige tekste as gewelddadig voor­ge­stel. Gen 34 vertel bv hoe Levi en Simeon die verkragters van hulle suster, Dina*, vermoor het. In Eks 32:25-29 word vertel hoe die Leviete 3 000 volksgenote wat afvallig van die Here geword het deur die goue kalf* te maak, doodgemaak het.

  1. ‑Die seun van Alfeus,’n apostel en een van Jesus* se dissipels*, ook genoem Matteus/Mattheus. (Kyk by: Matteus)
  2. ‑Die seun van Melgi in Jesus* se geslag­s­register (Luk 3:24).
  3. ‑Die seun van Simeon in Jesus se geslag­s­register Luk 3:29).
Sidebar